
Sien op die Kerkbode se webblad die volgende absurditeit:
NG Kerk sê nie ja óf nee vir evolusie
Die NG Kerk ondersteun die geloofsuitspraak dat God die Skepper van hemel en aarde is, maar is nie bevoeg om enige gesaghebbende uitspraak te maak oor wetenskaplike teorieë soos evolusie nie.
Dié standpunt van die NG Kerk se moderatuur word herbevestig in ’n verklaring na aanleiding van mediaberigte en internetgesprekke, oor die verhouding tussen kerk en wetenskap.
…
Wat die kerk wel ondersteun en bely, is ’n bepaalde geloofsuitspraak, naamlik dat God die Skepper van hemel en aarde (heelal/veelal) is. “Wat is, het nie maar toevallig en spontaan gebeur nie. Oor hoedat hierdie skepping egter tot stand gekom het, asook die komplekse aard van al die wetmatighede waarbinne hierdie proses van skepping plaasgevind het en nog steeds ontwikkel en funksioneer, kan ons as gelowiges ons net verwonder. Veral namate die verskillende wetenskaplike dissiplines dit verder aan ons ontvou,” aldus die moderamen van die NG Kerk. –
Hulle (die Modderamen – sic) is nie bereid om feite, soos deur die wetenskap blootgelê, te aanvaar nie – tog is hulle bereid om aan moeilik geloofbare leerstellings soos in die Heidelbergse Kategismus vervat, onvoorwaardelik en sonder enige bewyse te glo.
As hulle dan nie die magdom getuienis rondom evolusie kan aanvaar nie, dan moet hulle, om konskwent te wees, ook t.o.v. alle ander wetenskaplike teorieë op die draad bly sit – dalk doen hulle presies dit?