
Ons weet nou al dat die klimaat-veranderingsprofete nie die afgelope 3 jaar se koue noordelike winters voorspel het nie. Voor hierdie koue weer, het hulle net warmer weer voorsien.
En nou, met die kouer weer, word post facto allerhande argumente opgerakel om te verduidelik hoekom winters nou kouer is!
Kyk nou na die heerlike double speak soos gerapporteer in die Scientific American:
In fact, while no single storm is anything more than weather,
stronger winter storms are exactly what climate scientists
expect from a warming climate.
Huh?! Hoe kouer die weer, hoe meer aardverwarming? Let op, hulle is versigtig om te sê stronger winter storms en nie colder nie.
En die eenvoudige verklaring (meer warmte, meer vog in die atmosfeer) was drie jaar gelede nie aangehaal as synde ‘n oorsaak van kouer weer nie.





Weet jy hoekom die Bokke so vrot rugby speel en die Blou Bulle nie meer so goed vaar nie?
Ek sien die vyfde Vaviel aan die alliansie se wa wil nou alle privaatskole afskaf.