Die wesp het ‘n sowat drie dae gekuier en toe moed opgegee. (kyk hier)
Maar toe kom ‘n kewerjie op besoek!

Hy/sy het nie lank vertoef nie, net ‘n dag of twee.
Maar toe, uiteindelik, hier is die babas!

Let op die gaatjies in sommige eiers waar die ruspes uitgebreek het. Die ruspies se eerste maal is die eierdoppe. Teen die tyd dat hulle almal uitgebroei het en die “nes” verlaat het, is die eierdoppe glad teen die muur afgeëet.
Hou hierdie blog dop vir nog ‘n paar tuinmuur-dramas.
Teen ‘n Tuinmuur I, Teen ‘n Tuinmuur III, Teen ‘n Tuinmuur IV, Teen ‘n Tuinmuur V

