Monthly Archives: August 2020

Kringloop

rosary

Dae volg mekaar
Soos krale in ‘n rosekrans.
Eentonig met “Onse Vaders”
Wat in die Hemel is.

Die eentonigheid onderbreek
Met “Wees gegroet Marias”
En bede vir bystand
In ons laaste uur.

‘n Onverbiddellike kringloop
Waar die eindpunt saamval
Met die begin: Want stof is jy
En tot stof sal jy terugkeer.

©vuurklip
9 Augustus 2020

15 Comments

Filed under gedigte, poetry

Consequences and Impunity

Cyril se kabinet en ons parlement sit vol manne en vroue wat na bewering betrokke is/was by die sg. Staatskaping, Tenderpreneurskap, die Guptas, Covid Tenders en ander vorms van korrupsie en/of nepotisme.

Tot dusver was daar bloedweinig aksie om enige van hulle aan te kla. Net baie gepraat en talle kommissies van ondersoek.

Maar laat nou net één Minister aan sy persoon aangeraak word, dan is die duiwel los en die Valke Vinkies (ook bekend as die Hawks Hoenders) skrik wakker. So sien ons dat Me Gigaba ‘n nag in die tronk deurbring (of sy skuldig is, of nie nou tersake nie), glo weens beweerde kwaadwillige saakbeskadiging.zapiro

2 Comments

Filed under politics, politiek, satire