Gaan na inhoud

Dunga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dunga
Image
Dunga saam met die Brasilië in 2008
Persoonlike inligting
GeboortenaamCarlos Caetano Bledorn Verri
Geboortedatum31 Oktober 1963 (1963-10-31) (62 jaar oud)
GeboorteplekIjuí, Rio Grande do Sul, Brasilië
Lengte1,76 m
SpeelposisieVerdedigende middelveldspeler
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
1980–1984Internacional10(0)
1984–1985Corinthians13(1)
1985–1987Santos16(1)
1987Vasco da Gama17(1)
1987–1988Pisa23(2)
1988–1992Fiorentina124(8)
1992–1993Pescara23(3)
1993–1995VfB Stuttgart54(7)
1995–1998Júbilo Iwata99(16)
1999–2000Internacional20(3)
Totaal377(42)
Nasionale span
1983–1986Brasilië se Olimpiese span19(4)
1987–1998Brasilië91(6)
Spanne bestuur
2006–2010Brasilië
2008Brasilië o/23
2012–2013Internacional
2014–2016Brasilië
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).

Carlos Caetano Bledorn Verri (gebore 31 Oktober 1963), bekend as Dunga (Portugese uitspraak: [ˈdũɡɐ]), is ’n Brasiliaanse sokkerafrigter en voormalige professionele speler wat as ’n verdedigende middelveldspeler gespeel het. Onder sy kapteinskap het Brasilië die 1994 FIFA Wêreldbeker gewen, en hy het die trofee omhoog gehou. Saam met Xavi is hy een van slegs twee mans wat in ’n Wêreldbeker-eindstryd, Olimpiese eindstryd, Konfederasiebeker-eindstryd, en kontinentale kampioenskaps-eindstryd gespeel het.

Hy was twee keer hoofafrigter van Brasilië. In sy eerste termyn (2006–2010) het hy die span gelei tot oorwinning in die 2007 Copa América en die 2009 FIFA Konfederasiebeker, en tot die kwart-eindronde van die 2010 Wêreldbeker, waarna hy deur die Brasiliaanse Sokkerkonfederasie afgedank is.[1] Hy is in 2014 vir ’n tweede keer aangestel, maar ná Brasilië se vroeë uitskakeling uit die Copa América Centenario, is hy in Junie 2016 weer afgedank. Hy was ook in 2013 hoofafrigter van Internacional.

Sy bynaam is afgelei van die Portugese vertaling van “Dopey”, een van die dwergies in Disney se weergawe van Sneeuwitjie, en is aan hom gegee deur sy oom weens sy kort lengte as kind. Daar is geglo hy sou klein bly, en die bynaam het gebly selfs nadat hy gegroei en langer geword het.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "World Cup 2010: Brazil dismiss coach Dunga". The Daily Telegraph. London. 4 Julie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2010. Besoek op 14 Maart 2011.
  2. "A Origem Do Apelido Do Técnico da Seleção Brasileira" (in Portugees). oficinadeideias54.blogspot.com. 24 Mei 2010. Besoek op 14 Maart 2011.