Kan nie glo dat ons nou al bietjie meer as twee maande hier in Australie is nie! Vandat ek laas geskryf het het daar heelwat gebeur. Seker die belangrikste van als is dat ons altwee nou werk gekry het. Roald het in sy veld 'n HR Konsultant pos gekry by Budget Insurance. Ek het 'n musiekpos gekry by Forte Music School.
Dit gaan baie goed en ons geniet elke dag in hierdie wonderlike stad. Intussen het Roald se familie ook nou by ons aangesluit. Sy ma, sus, man en kinders. Ons is juis nou besig om Roald se ma te help om ook permanent hier te kan bly - al die kinders sal haar 'sponsor'.
Ons het al heelwat Suid-Afrikaanse vriende gemaak - dis wonderlik hoe almal hier saamstaan en mekaar help. Sal seker as ons nou begin werk so paar Aussie vriende kry.
Dit voel nie regtig of ons in 'n ander land sit nie aangesien mens oral om jou mense hoor wat Afrikaans praat .... en dan natuurlik ontmoet ook!
Ek mis my familie regtig baie en wens ek kon hulle ook hier kry ... net tyd sal leer!
Lynette
Friday, December 26, 2008
Saturday, December 20, 2008
Sunday, November 30, 2008
Saturday, November 29, 2008
Monday, November 24, 2008
Friday, November 21, 2008
Huis, meubels, werk en en en ......
Soos jul kan sien het ons UITEINDELIK 'n huisie gekry. Ons het vandag gaan skoonmaak, sal amptelik volgende naweek intrek. Tussendeur het ons als van vooraf moes koop .... wasmasjien, yskas, mikrogolf en en en .... Ons was baie gelukkig om nog Suid-Afrikaners te ontmoet wat nou oppad is na Perth. Hul verkoop al hulle goed - omtrent splinternuut. Ons het al die elektroniese ware by hul oorgekoop. Hierdie week gaan ons na 'n groot meubel winkel IKEA om 'n bed en banke te kry - heel bekostigbaar. Hou maar duimvas! Verder gaan dit goed, nie 'n goeie tyd van die jaar om werk te soek nie - die Aussies is almal nou op 'n 'go slow'! Glo vas dat ons teen einde Januarie gesettle sal wees! (Hoop met my hele hart so!) Ons is nog baie gelukkig en die eerste wereld land verras ons elke liewe dag! Alles is net vinniger en makliker, alhoewel ons as Suid-Afrikaners laaste in die ry staan vir dinge soos werk en verblyf. Een of ander tyd sal die wiel draai.
Lynette
Lynette
Subscribe to:
Comments (Atom)