Gister terwyl ons twee ry sien ek n spontane warrelwind wat sakkies en stof optel en ronddraai. Dit voel asof ek daai warrelwind is. Of asof die warrelwind in my kop is. Deur my hele lyf en lewe draai. Dis so onvoorspelbaar niemand weet waantoe dit volgende gaan nie en wat dit gaan optel of los langs die pad nie. Dit groei en krimp met soveel oorgawe, dis nie jammer dat dit bestaan nie. Ek wil so wees. Miskien is dit dan nie n slegte idee om n warrelwind te wees nie. So skielik soos dit begin het, so skielik gaan lê dit weer, sit elke sakkie sorgvuldig op n ander plek neer. Sand en stof waai stilletjies en gaan rus op hul nuwe tuiste. Dis baie keer soos ek spring van gedagte tot gedagte.
Ek sit hier met my laptop tussen wasgoed, karretjies, skottelgoed en pienk teekoppies. Dis my warrelwind. Dis my lewe. Elke ietsie het sy plek waar hy rond dwarrel in my warrelwind van n lewe.