Sagte plekke

Image

My sus praat baie oor n sagte plek vir haarself. En ek dink oor sagte plekke vanoggend.

Ek leef in my sagte plek. Jare terug het n baie wyse vrou vir my gesê, die Here se liefde vir my is soos n marshmallow. Ek voel dit nou.

Sagte plekke op n vrug is gekneus, en ek wonder of mens net dai sagte plekkies regtig kan voel, sonder dat die lewe jou so n bietjie kneus. So bietjie druk tot die sap van jou hart uitgedruk word sodat die wêreld jou soetigheid kan proe.

Amari en Nylah – Ek wil julle sagte plekkie wees. Waar julle net kan wees. Julleself.

Calvin – My hoop is dat jy by my kan rus. Saggies.

Mag jy jou sagte plekkie vind – binne jouself.

Design a site like this with WordPress.com
Get started