Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 15 September 2026
Hier is tans 130 903 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Image

Image
Voorbladartikel
Die Tiger Oats-gebou (2014).

Die Tiger Oats-gebou is 'n bouval geleë langs die treinspoor, op die hoek van Graan- en Corporationstraat, Moorreesburg. Dit staan sedert 1906.

In Julie 1886 word die Kaffrarian Steam Milling Company in King William’s Town gestig. Daniel Bolton Redler kom in Suid-Afrika aan om in 1903 (of 1904) John James Whitaker as besturende direkteur op te volg. Redler het hom as meulenaar bekwaam.

In die 1890’s kom Frederick John Collier in Natal aan met sy £50 000 erfgeld om te belê. Sy pa was doenig in die meelbedryf in Somerset, Engeland, waar Collier gebore is. Maar Frederick het self sy eie onderneming bedryf. In Durban ontmoet Collier vir Arthur May, van die meelinvoermaatskappy Arthur May & Co., wat oor vier takke en agente in New York en Londen beskik het. Collier koop by hierdie besigheid in en bemoei hom met die plaaslike bedrywighede. Hy bring ’n meul op die been wat later sou opgaan in Union Flour Mills, wat daarna deur Premier oorgeneem sou word.

Arthur May & Co. trek voordeel uit die Anglo-Boereoorlog. Maar Collier is glo ’n moeilike mens om mee saam te werk en die verhouding versuur; gevolglik besluit hy en Arthur May om die vennootskap enkele jare ná die oorlog maar te ontbind. Wie egter al die bates moet kry bly ’n netelige kwessie, en Isador Kahn, ’n hoogaangeskrewe graanmakelaar van Johannesburg, se hulp word ingeroep om die geskil te besleg. Daar is besluit dat Arthur May al die bates moet kry, maar Collier moet uitkoop. Op sy beurt moet Collier ’n ooreenkoms teken om nie met May in Natal mee te ding nie.

In die Staatskoerant van Natal word daar op 18 April 1905 te kenne gegee dat die vennootskap tussen Arthur George May en Frederick John Collier ontbind het. Arthur May and Co. Merchants en sy takke in Durban, Oos-Londen, Lourenço Marques, Johannesburg, Pretoria, Salisbury, New York, Montreal, Buenos Ayres en Melbourne (Australië) het op 30 November 1904 ontbind, en alle skuldeisers moet hul eise voor 30 Junie 1905 indien. May behou egter die takke in Durban, Oos-Londen, Johannesburg, Lourenço Marques, Montreal en Melbourne en gaan sy gang. Arthur May & Co. word later omgedoop tot die Union Flour Milling Company.

...lees verder

Image

Image
In die nuus
Die Curriebekertrofee.
Die Curriebekertrofee.

Image

Image
Het u geweet...

... dat daar een vlag is wat nooit gesalueer of gestryk word nie? Op 20 Julie 1969 het Neil Armstrong en Buzz Aldrin 'n Amerikaanse vlag op die maan geplant wat tot vandag toe nog daar staan.

... dat Ellen Johnson-Sirleaf die eerste vroulike president van 'n Afrika-land is? Sy is as president van Liberië ingehuldig op 16 Januarie 2006. Op 9 November 2011 is sy vir 'n tweede ampstermyn gekies.

... dat 'n eenvoudige hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag.

... dat Kiribati die enigste land op aarde is wat oor al vier die hemisfere strek: die Noordelike, Suidelike, Westelike en Oostelike halfrondes? Daarbenewens is dit een van die eerste bewoonde gebiede om die nuwejaar te vier.

... dat die Toepolef Tu-144 van die Sowjetunie die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld was? Die eerste toetsvlug het op 31 Desember 1968 plaasgevind, enkele maande voordat die Frans-Britse Concorde vir die eerste keer opgestyg het.

Image

Image
Vandag in die geskiedenis

15 September: Onafhanklikheidsdag in Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua (1821); Slag om Brittanje-dag in die Verenigde Koninkryk (1940).

Koos de la Rey
Koos de la Rey

Image

Image
Voorbladbeeld
'n Sjamane-steen op die eiland Olchon in die Baikalmeer in Rusland.
Image
Vind artikels
Image

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Image
Wikipedia in ander tale
Image
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Image
Susterprojekte
Image
Image Commons
Vrye media
Image Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Image Wikinews
Vrye nuusbron
Image Wikisource
Die vrye biblioteek
Image Wikibooks
Vrye boeke
Image Wikiquote
Aanhalings
Image Wikispecies
Spesie-indeks
Image Meta-Wiki
Projekkoördinering