Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Sondag, 13 September 2026
Hier is tans 130 871 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Image

Image
Voorbladartikel
Josef Mengele in 1944.

Josef Mengele (16 Maart 1911 - 7 Februarie 1979) was 'n Duitse Nazi-offisier van die Schutzstaffel (SS) en dokter in die Tweede Wêreldoorlog – aan die Russiese front en daarna in Auschwitz tydens die Holocaust, waar sy bynaam die "Doodsengel" (Duits: Todesengel) was. Hy het dodelike eksperimente sonder enige mediese grondslag uitgevoer op gevangenes in die Auschwitz-konsentrasiekamp, waar hy lid van die span dokters was wat slagoffers gekies het om in die gaskamers te sterf en een van die dokters wat die gas toegedien het.

Voor die oorlog het Mengele 'n doktersgraad in antropologie en medisyne behaal en 'n loopbaan as navorser begin. Hy het in 1937 by die Nazi-party en in 1938 by die SS aangesluit. Hy is aan die begin van die oorlog as mediese offisier aangestel en vroeg in 1943 oorgeplaas na die Nazi-konsentrasiekampdiens. Hy is aan Auschwitz toegewys, waar hy die geleentheid gesien het om genetiese toetse op gevangenes uit te voer. Sy eksperimente het hoofsaaklik oor tweelinge gegaan, sonder inagneming van die gesondheid of veiligheid van die slagoffers. Met troepe van die Rooi Leër wat deur die Nazi-besette Pole beweeg het, is Mengele op 17 Januarie 1945 oorgeplaas na die Gross-Rosen-konsentrasiekamp, 280 km van Auschwitz. Dit was net 10 dae voor die aankoms van die Sowjetmagte by Auschwitz.

Ná die oorlog het Mengele in Julie 1949 na Argentinië gevlug met die hulp van 'n netwerk van voormalige SS-lede. Hy het aanvanklik in en om Buenos Aires gewoon, maar in 1959 na Paraguay en in 1960 na Brasilië gevlug terwyl hy gesoek is deur Wes-Duitsland, Israel en Nazi-jagters soos Simon Wiesenthal, wat hom voor 'n hof wou daag. Hy is nooit gevang nie. In 1979 het hy verdrink nadat hy 'n hartaanval gekry het terwyl hy swem en is onder die vals naam Wolfgang Gerhard begrawe.

...lees verder

Image

Image
In die nuus
Die Curriebekertrofee.
Die Curriebekertrofee.

Image

Image
Het u geweet...

... dat die chemiese element en radioaktiewe edelgas radon, wat natuurlik uit die grond vrygestel word, beskou word as die belangrikste oorsaak van longkanker naas sigaretrook? Jaarliks sterf meer as 40 000 mense wêreldwyd aan longkanker wat deur radon veroorsaak is.

... dat die voormalige dorp Darlington oorstroom is toe die Darlingtondam in die 1920's in die Sondagsrivier gebou is? Dit word nou deur die dam bedek.

... dat 'n eenvoudige hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag.

... dat die eerste fiets, wat in 1817 vervaardig is, nie pedale gehad het nie? Pedale is in 1865 bygevoeg, maar die fietse self is toe nog uit hout vervaardig.

... dat die Bastille, een van Parys se geskiedkundige bakens, nie meer bestaan nie? Dit is tussen 16 Julie 1789 en Oktober 1790 deur Pierre-François Palloy afgebreek.

Image

Image
Vandag in die geskiedenis

13 September:

Belisarius
Belisarius

Image

Image
Voorbladbeeld
'n Savanne-olifantkoei (Loxodonta africana) en haar kalf in Matabeleland-Noord, Zimbabwe.
Image
Vind artikels
Image

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Image
Wikipedia in ander tale
Image
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Image
Susterprojekte
Image
Image Commons
Vrye media
Image Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Image Wikinews
Vrye nuusbron
Image Wikisource
Die vrye biblioteek
Image Wikibooks
Vrye boeke
Image Wikiquote
Aanhalings
Image Wikispecies
Spesie-indeks
Image Meta-Wiki
Projekkoördinering