Gaan na inhoud

James Monroe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
James Monroe
Image
5de President van die Verenigde State
Ampstermyn 4 Maart 1817 – 4 Maart 1825
Voorganger James Madison
Opvolger John Quincy Adams
Geboortedatum 28 April 1758
Geboorteplek Westmoreland, Virginië
Sterftedatum 4 Julie 1831
Sterfteplek New York
Eerste Dame Elizabeth Kortright Monroe
Politieke party Demokraat-Republikein
Visepresident Daniel D. Tompkins
HandtekeningImage

James Monroe (28 April 1758 – 4 Julie 1831) was die 5de president van die Verenigde State van Amerika (1817–1825). Tydens sy ampstermyn het Mississippi (10 Desember 1817) die 20ste, Illinois (3 Desember 1818) die 21ste, Alabama (14 Desember 1819) die 22ste, Maine (15 Maart 1820) die 23ste en Missouri (10 Augustus 1821) die 24ste deelstaat van die Verenigde State geword. Die hoofstad van Liberië, Monrovia, is vernoem na James Monroe.